Ons word almal oud, dis ‘n feit. Maar almal van ons het nie noodwendig nog goeie, funksionerende sintuie nie. Ons ore en veral ook ons oë word geaffekteer. Almal behou nie die voorreg om met ‘n bril sy boeke te kan lees nie.
Dit is so in my geval, makulêre degenerasie en gloukoom het veroorsaak dat ek nie meer kon lees nie. Selfs met ‘n vergrootglas was dit baie ongemaklik om ‘n boek aan te durf. Lees was nog altyd my passie en ek was hartseer totdat ek by Van der Walt Oogkundiges ‘n afspraak gemaak het. Die “low Vision Room” was baie aangenaam en ek het gevoel dat ek by die regte plek is. Nadat ek al die hulpmiddels getoets het, het ek op die elektoniese toestel besluit. My leewensvreugde en -kwaliteit was terug. Elke dag wanneer ek weer met genot ‘n boek kan lees is ek baie dankbaar.
Wanneer die oë verswak of agteruit gaan, is daar lig aan die einde van die tonnel.
Brigitte Wilke